Marija Manor Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marija Manor B&B is in 'n stil straat in Wonderboom, Pretoria-Noord, geleë. Marija Manor is 'n luukse gastehuis met 5 slaapkamers wat elk oor 'n pragtige en suite-badkamer beskik. Elke kamer is toegerus met sy eie dekodeerder vir DStv. Verder het elke kamer ook 'n yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en elektroniese kluise. 4 van die Kamers is ingerig met koningingrootte-beddens en 1 kamer bied 2 driekwartbeddens. Elke kamer lei na 'n voorstoep en het 'n privaat ingang.

Ons dra die veiligheid van ons gaste op die hart en gevolglik bied ons die volgende maatreëls: geslotekringtelevisie, elektriese heinings, afstandbeheer hekke, veiligheidshekke, elektroniese kluise in elke kamer en oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel. WiFi is ook beskikbaar.

'n Basiese Kontinentale ontbyt (ontbytgraan, jogurt, brood, kouevleis, kaas, muffins, vrugtesap, koffie en tee) is ingesluit en word in die eetkamer bedien.

Marija Manor is aan die ander kant van die Wonderboom Natuurreservaat geleë en is net langs Magalieskruin, Montana en Annlin in Pretoria se noordelike voorstede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marija Manor Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za