Marine Point Port Owen 22

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marine Point Port Owen 22 is aan die oewer van die marina in Port Owen geleë. Dié drieverdieping-eenheid is slegs ’n paar minute se ry vanaf die vissersdorpie Laaiplek. Toegang na Marina Point word via ’n afstandbeheerde hek verkry en daar is 1 veilige parkeerplek.

Die grondverdieping het ’n oopplan-leefarea, ’n kombuis en gastetoilet. Die kombuis is toegerus met ’n oond, stoof, yskas-vrieskas, ysmaker, eetgerei, breekware en mikrogolf. Daar is ook ’n opwaskamer met ’n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Die opwaskamer lei na ’n binnehof met ’n wasgoedlyn. Die sitarea het 2 leunstoele, ’n gemaklike bank en TV met volledige DStv. Die leefarea lei na ’n stoep met ingeboude braai-area wat uitbrei tot ’n dek met ’n jetty waar ’n boot vasgemeer kan word.

Die eerste verdieping het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en privaat ingang na ’n balkon met ’n marina-uitsig. Die hoofslaapkamer het ook ’n en suite-badkamer met ’n stort, bad, dubbelwasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed wat oor die marina uitkyk en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook ’n badkamer wat gedeel word op dié verdieping.

Die tweede verdieping is 'n solderkamer met 2 enkelbeddens en 'n uitsig oor die marina.

Gaste kan bootritte op die rivier geniet, voëlkyk, op die kanaal roei, by die naaste strande gaan swem of seiljag in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by Marine Point Port Owen 22 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marine Point Port Owen 22 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false