Maritima

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maritima is 'n selfsorg-eenheid wat in die bekoorlike kusdorpie Glencairn net 'n klipgooi van Simonstad af geleë is. Die woonstel bied gerieflike akkommodasie wat ideaal is vir beide sakereisigers en vakansiegangers. Die uitsigte by Maritima sal jou asem wegslaan. Die woonstel kyk uit oor Valsbaai waar walvisse gedurende die seisoen gesien kan word.

Die eenheid is op die grondvloer onder die eienaars se huis geleë. Daar is 2 slaapkamers, die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n badkamer wat beskik oor 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is toegerus met alles wat jy nodig het vir selfsorg-verblyf. Daar is selfs 'n wasmasjien en 'n klein binnehof waar wasgoed opgehang kan word. In die sitkamer is daar gerieflike meubels, 'n eetkamertafel vir 4 mense, 'n muurgemonteerde platskerm-TV met volle DStv en gratis WiFi in en om die eenheid. Handdoeke en linne word voorsien vir gaste se gerief. Die eienaars kan op versoek 'n draagbare braai voorsien.

Daar is oorgenoeg parkeerplek agter 'n afstandbeheer-hek vir jou voertuig en daar is selfs plek vir 'n sleepwa.

Slaapplek

'n Bespreking by Maritima sluit in:

-

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Dienste

  •  Koordlose Internet

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maritima gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za