Maritza Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maritza Guest House is 'n gastehuis met basiese selfsorggeriewe in Carnarvon in die Noord-Kaap. Vyf kamers met en suite-badkamers en privaat ingange is beskikbaar in hierdie Victoriaanse huis.

Elke kamer is toegerus met enkelbeddens of enkel- en dubbelbeddens en 'n en suite-badkamer. Verder het elke eenheid 'n vrieskas/yskas, koffie- en teemaakgeriewe, basiese selfsorgtoebehore, elektriese komberse en 'n TV met sekere DStv-kanale. Drie uit die 5 kamers het lugversorging. Verwarmers is beskikbaar as die winterkoue byt en handdoeke, skoon linne en stortjel word voorsien. Vir gaste wat 'n volledige ontbyt verlang is daar lieflike restaurante in die dorp.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die braaiplek. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maritza Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false