Marlothpark Akkommodasie by Marloth Kruger Little Manor | LekkeSlaap
+28
+28

Marloth Kruger Little Manor

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1529 Finch Straat, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Marloth Kruger Little Manor is 'n stylvolle vakansiehuis met 'n Afrika-tema wat selfsorg-akkommodasie in die Marloth Park Bewarea bied, teen die grens van die Krugerwildtuin.

Daar is 3 kamers met lugversorging en 1 safari-kamer buite. Daar is ook 'n eetkamer- en TV-kamerarea en 'n volledig toegeruste kombuis met al die nodige geriewe.

Gaste kan in die kroeg of by die lapa wat oor die swembad uitkyk ontspan. Die braai-area is langs die park. Diere soos kameelperde, koedoes, sebras, impalas, wildebeeste, muishonde en volstruise loop vrylik rond voor jou stoep wat jou die ideale ervaring van die Afrika-bosveld bied. Daar is al meer as 300 spesies voëls in die area opgeneem.

Die Krokodilrivier wat hier verby loop vorm die suidelike grens van die Krugerwildtuin en gaste kan 'n skemerkelkie drink of piekniek hou by een van die uitkykpunte aan die oewer van die rivier. Die staproetes langs die Krugerwildtuin kyk oor die rivier uit en bied uitstekende geleenthede vir wildkyk vanuit Marloth Park. Dit sluit die Groot 5 in. Besoekers kan 'n daguitstappie na die Krugerwildtuin beplan aangesien die Malelane- en Krokodilbrug-hekke naby is.

Daar is heelwat restaurante by van die omliggende lodges beskikbaar sodat jy nie die omgewing hoef te verlaat nie. Daar is ook ander geriewe soos OTM'e, 'n slaghuis, supermark, wassery, hardewarewinkel en heelwat meer in die park indien nodig.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Marloth Kruger Little Manor
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • 1529 Finch Straat, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Marloth Kruger Little Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1529 Finch Straat, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJmZDM1M2I0LTEwM2ItNDMzNi1hMDE2LWI0MjIzN2ZiZWM2ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 300  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 1529 Finch Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.34917 31.76142
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za