Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Maroelani Reserve

Lodge
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs Klaserie-weg/R40, Klaserie-weg, R40 Maroelani Private Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Maroelani Reserve is in Limpopo en bied 'n luukse, romantiese bos-ervaring 16 km buite Hoedspruit.

Die lodge het groot glasstapeldeure wat 'n mooi uitsig op die Drakensberge en oor die dam bied. Verblyf is beskikbaar in eenhede wat geskik is vir 2 tot 6 gaste en sluit in die Treehouse Villas, die Honeymoon Bush Villa, en die Luxury Bush House.

Elke Treehouse Villa is 3 m in die lug en het groot glasdeure om te verseker dat die eenheid met natuurlike lig gevul is. Elke villa het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer en 'n buitestort. Verder is daar 'n houtdek met 'n hangmat en 'n uitsig op die berg en oor die bos.

Die Honeymoon Bush Villa is 2,5 km vanaf die hooflodge en gaste sal vervoer word vir etes en wildritte. Dié villa het 'n koninggrootte-bed en 'n privaat badkamer en 'n buitestort in die tuin. Beddens kan vir kinders onder 10 gereël word. Gaste het hier 'n privaat swembad met 'n mooi uitsig.

Die Luxury Bush House is ideaal vir 4 volwassenes en 2 kinders en het 2 koninggrootte-beddens, 'n slaapbank en 'n volledige badkamer. Die kombuisie is toegerus vir selfsorg en daar is 'n privaat wildvoertuig en gids.

By die hooflodge is daar 'n randvloeiswembad en swembadkroeg en gaste kan op die sonstoele by die dam ontspan. In die aand kan julle lekker om die boma kuier en die sterrehemel bewonder. Troeteldiere wat goed opgelei is word toegelaat indien dit vooraf gereël is. Daar is veilige parkeerplek.

Maroelani Reserve bied ook sonsondergangsvaarte, pieknieks, stapsafari's en vang-en-vrylaat-hengel. Daar is 5 damme met 'n verskeidenheid voëlspesies soos saalbekooievaars, geelbekooievaars, Afrika-lepelare en meer.

Met die fokus op volhoubaarheid, het die lodge 'n groen benadering tot alle bedryfsdepartemente geïmplementeer; die lodge ondersteun klein besighede deur plaaslike produkte en organiese kos te gebruik, gebruik sonkrag en het 'n lae waterverbruik en vermorsingstelsel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir Maroelani Reserve
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Langs Klaserie-weg/R40, Klaserie-weg, R40 Maroelani Private Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Maroelani Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs Klaserie-weg/R40, Klaserie-weg, R40 Maroelani Private Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA847a05e8012b639a90713e49d48cfce8c223cc1dff1aa23ae15057000e5c83cae13af5a95b2166a5250a3d9df19217370a32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 Off Klaserie Road/R40 Klaserie Rd, R40 Maroelani Private Nature Reserve 1380 Limpopo 021 201 8901 13:00-14:00 11:00 -24.233831657202 30.888552330472