Vermaaklikheid Akkommodasie by Marshall Farm | LekkeSlaap
+23
+23

Marshall Farm

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 11)
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 44 van Plaas 499, Vermaaklikheid, 6671, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Marshall Farm is 'n tradisionele, gesinsvriendelike grasdakplaashuis in Vermaaklikheid langs die Duiwenshokrivier. Hierdie geheime hoekie van die Overberg is sowat 3 en 'n half uur van die besige Kaapstad af.

Die plaashuis bied 'n ware tuiste sowat 30 treë van die rivier af. Dis privaat en gerieflik en het 'n oopplan-uitleg met moderne geriewe. Die leefarea en hoofslaapkamer lei na 'n stoep, braai-area en buitesitkamer langs 'n grasperk wat tot by die rivier strek.

Die hoogtepunt op die plaas is regs langs die rivier: 'n heerlike dek met 'n sitkamerstel, vuurput en braai-area. Die dek skakel met 'n vlot wat op die rivier dryf. Gaste kan luilekker middae op die dek deurbring of vroegaande om die vuurtjie kuier met 'n uitsig oor die rivier en 'n visstok in die hand.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede kamer 'n koningingrootte-bed. Die derde kamer is 'n afgeskorte tussenvloer bo die leefarea en het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Kamer 4 is in die solder en het 3 enkelbeddens. Dit het trappe van buite en is ideaal vir tieners.

Die kombuis is goed toegerus vir gaste se selfsorgbehoeftes. Verder is daar 2 braaiplekke in die huis en 1 by die rivier, asook 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die plaas bied lekker doendinge soos swem, fietsry, visvang, bootritte, kanovaart, bergfietsry, voetslaan en voëlkyk.

Gaste moet Jan, die bestuurder skakel as hulle van die N2 af afdraai. Hy sal help om die huis oop te sluit en die geriewe wys. Jan kan ook aanwysings gee en die vuur aan die gang kry vir waneer gaste aankom.

Gaste moet verkieslik hul eie drinkwater saambring. Water vir bad en stort word vanaf 'n fontein verkry en word deur 'n gasgeiser verhit. Dit word dus nie deur die munisipaliteit voorsien nie.

Die naaste supermark is in Riversdal, sowat 30 minute se ry ver. Sout, peper, toiletpapier, skottelgoedwasseep en vadoeke word voorsien. Komplimentêre koffie, tee en suiker is ook beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Marshall Farm sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Marshall Farm
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Deel 44 van Plaas 499, Vermaaklikheid, 6671, Wes-Kaap
  • Gaste dink Marshall Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 11)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 11)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 44 van Plaas 499, Vermaaklikheid, 6671, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA890cd9ea80ac2e87ca83e3d40b363f5625f179a3313380fa5accad92006bf085248018468e4a8058b9a03285c846028381a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 11) 3 5 1 5 Portion 44 of Farm 499 Vermaaklikheid 6671 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -34.305454761891 21.013065007637
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za