@ Marula

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@ Marula is in Mokopane en bied gerieflike verblyf in moderne en ruim eenhede. Disstapafstand van die plaaslike restaurante en winkelsentrums af en het die ideale ligging vir sakereisigers én vakansiegangers.

Die verblyf bestaan uit 23 standaardkamers wat elk slaapplek bied vir 1 gas of 'n paartjie op 1 dubbelbed, 4 gesinskamers met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 'n gesin van 4. Linne, handdoeke en 'n daaglikse skoonmaakdiens (buiten Sondae en openbare vakansiedae) word voorsien. Geriewe in die kamer sluit 'n yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, TV met DStv-kanale en lugversorging in. WiFi is beskikbaar (T's en V's geld.)

Vir jou gemoedsrus bied ons omheinde onderdakparkeerplek agter 'n veiligheidshek. Dit is moontlik om na-ure in te klok. Maak asb. net vooraf 'n reëling met die kantoor indien jy laat gaan opdaag. Die kamer(s) moet vooraf betaal word indien gaste later gaan inklok en 'n geldige Suid-Afrikaanse selnommer moet voorsien word.

Besienswaardighede in die omtrek sluit die volgende sluit die prehistoriese Makapan-grot, die Arend Dieperink Meuseum en die African Game Breeding Centre in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ Marula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za