Walmer Akkommodasie by Masinga Apartment | LekkeSlaap
+7

Masinga Apartment

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Agtstelaan 4, Walmer, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Masinga Apartment is 'n stylvolle en moderne selfsorg-eenheid met die ideale ligging in die boomryke Walmer in Port Elizabeth.

Die woonstel het sy eie onderdakparkeerplek en is volledig toegerus met 'n klein, moderne oopplan kombuis en die leefarea lei na 'n klein privaat stoep. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en-suite badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea wat kan oopvou as 'n dubbelbed waar 'n derde persoon (of twee klein kinders onder 12) kan slaap.

Die eenheid word gedurende die week daagliks skoongemaak (behalwe publieke vakansiedae) en Saterdae op versoek. Daar is 'n groot 37" platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is ingesluit.

Die kothuis is net 2 km van die lughawe af en daar is heelwat tennis-, krieket-, rolbal en ander sportklubs en 'n oefenbof net 'n paar honderd meter van die kothuis af. Dit is ook stapafstand van verskillende winkelsentrums, koffiewinkels en restaurante af. PE se hoofstrande is almal tussen 7- en 10 km van die woonstel af.

Slaapplek

’n Bespreking by Masinga Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 14 resensies vir Masinga Apartment
Netheid
4.1/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Agtstelaan 4, Walmer, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Masinga Apartment het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 3)
Vanaf R750
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Agtstelaan 4, Walmer, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlkYmYyNDJmLWZkNzUtNGU1Ni05YzY5LWI1YWQxZDlhZTgxNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 3) 14 5 1 5 4 8th Avenue Walmer 6070 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -33.98256 25.58867
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za