Matjiesvlei Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Matjiesvlei Guest Farm is 'n móét om te besoek in die Klein-Karoo. Gaste kan die stil en rustige natuurskoon van die vallei in die voorheuwels van die Swartberge tussen Calitzdorp en Ladismith geniet. Die area het 'n ryk geskiedenis en die eerste mense het in 1821 reeds hier begin boer.

Gaste kan verblyf geniet in oulike selfsorgkothuise wat skuil in hierdie prentjiemooi vallei. Verblyf beskik oor 6 selfsorg-eenhede naamlik, Huis Oppie Rant, Thiart Huis, Douglas Huis, Cloete Huis, Die Wa Huis en Oupad se Kloof. Die kothuise het goed toegeruste kombuise, braaigeriewe, beddegoed, olielampe, kerse en warm water.

Dis 'n visvangparadys met 'n wye verskeidenheid visspesies, waaronder geelvis, swartbaars, palings en karper. Daar is ook wonderlike watergate, ideaal vir swem en roei. Die Bojaankop 4x4-roete neem jou tot aan die bopunt van Bojaankop vanwaar jy die ongelooflike uitsig oor die Klein-Karoo kan geniet. Matjiesvlei is ideaal geleë vir daguitstappies na Oudtshoorn met al sy toeristeaantreklikhede, die Tuinroete, Die Hel (Gamkaskloof) en die beeldskone bergpasse in die omgewing.

Ons nooi jou graag uit na Matjiesvlei Guest Farm om terug te sit en ontspan hier by ons. Geniet 'n glasie van ons heerlike plaaslike wyn terwyl jy die natuurskoon indrink.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Matjiesvlei Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false