Matopi Guest Farm
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R370, Erfdeel 1, Hartsvallei, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R500 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Matopi Guest Farm is sowat 20 km buite Jan Kempdorp.
Verblyf is beskikbaar in 3 rondawels en 1 Damhuis wat volledig toegerus is met 2 ruim gastekamers.
Die rondawels het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Daar is 'n kas, etenstafel, rusbank, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe in elke eenheid.
Die Damhuis het 2 gastekamers. Kamer 1 het ’n koninggrootte-bed en ’n enkelbed, die tweede kamer het ’n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens. Verder het albei kamers ’n rusbank, lessenaar, lugversorging en 'n en suite-badkamer.
Die 2 kamers deel 'n oopplan-kombuis, wat 'n ontbyttoonbank met hoë stoele en 'n opdien-area met 2 warmplate het. Die kombuis is met tee- en koffiemaakgeriewe, breekware, eetgerei, ’n mikrogolf, ketel, broodrooster, muffin-maker, omelet-maker, 'n yskas en vrieskas toegerus. Daar is ’n ruim eetarea met ’n lang etenstafel wat ook as 4 afsonderlik tafels met sitplek vir 4 elk gedek kan word. Die huis het ’n ruim sitarea wat na 'n stoep lei met 'n lang tafel vir lekker kuiers en speletjies.
Daar is ook buiteraaigeriewe waar ’n mens ’n uitsig oor die dam het.
Ander geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek en WiFi in.
Gaste kan in die plaasdam swem, visvang of roei met die bootjie. Daar is ook stap- en fietsryroetes waar gaste dalk wild kan raaksien. Die area bied ook uitstekende voëlkykgeleenthede.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R370, Erfdeel 1, Hartsvallei, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
- Gaste dink Matopi Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Noord-Kaap
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R370, Erfdeel 1, Hartsvallei, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom