Mbidi Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mbidi Lodge bied 'n ware bosveld-ervaring. Hiér kan jy roofdiere van naderby sien - net 'n paar treë van jou af! Ons bied gaste die geleentheid om hierdie diere in hul natuurlike omgewing dop te hou, meer van hulle te leer en hul interaksie met mense te sien.

Ons diere is ons trots en vreugde en ons wil toesien dat hierdie spesies behoue bly vir die volgende generasies. Hier by ons is wit leeus, wit tiere, Bengaalse tiere, bruin leeus, wildehonde en 'n hele paar ander bedreigde spesies, almal volgroeid.

Dié lodge is boonop daagliks oop vir die publiek. Ons voorsien ook oornag- en vakansie-geriewe vir dié wat snags 'n leeu wil hoor brul of wat soggens 'n pragtige sonsopkoms wil sien, vars lug wil inasem en deur wilde diere begroet wil word. Let asb. daarop dat dagbesoekers nie toegang het tot die ablusiegeriewe wat deur die oornag-gaste gebruik word nie.

Ons het ook konferensiegeriewe, 'n á la carte-restaurant en 'n pragtige swembad met 2 lapas. Indien jy 'n verjaarsdagpartytjie of spesiale geleentheid wil reël kan ons enige van die lapas, die konferensiekamer of selfs die restaurant aan jou beskikbaar stel.

Elke chalet is ten volle vir selfsorg toegerus en beskik oor 'n kombuis en badkamer. Linne en handdoeke word voorsien. Die aantal beddens in elke chalet wissel om aan 'n verskeidenheid behoeftes te voorsien.

Daar is altesaam slaapplek vir 34 gaste. Ons bied eenhede wat slaapplek bied aan onderskeidelik 9, 6, 5, 4 en 2 persone.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mbidi Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za