Tilongo Akkommodasie by Mbotyi Mountain Bush Camp | LekkeSlaap
+30

Mbotyi Mountain Bush Camp

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Mbotyi Tilongo, Mnceba, Lusikisiki, 4820, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Mbotyi Mountain Bush Camp skuil aan die randjie van die Ntsubane-woud met 'n uitsig oor die Mbotyi-riviermonding in die Pondolandberge aan die kus. Dié boskamp is sowat 15 km vanaf Lusikisiki, die naaste dorp.

Die kamp kan slegs met 'n 4x4-voertuig met hoë grondvryhoogte bereik word, maar die instansie bied veilige parkeerplek aan gaste wat met 'n ander voertuig arriveer en sal dan dié gaste by die parkeerarea oplaai en na die kamp neem. Vervoer word tydens verblyf aan gaste gebied.

Rustieke verblyf is beskikbaar in 4 Wendy-huise en 'n houthuisie wat 'n ware Wildekus-ervaring bied. Mbotyi Bush Camp word deur sonkrag en gas aangedryf. Daar is 2 gemeenskaplike warm storte. Een word deur sonkrag verhit en die ander deur gas. Daar is ook 2 spoeltoilette.

Ontbyt en aandete is ingesluit by die tarief. Vars maaltye word daagliks op die vuur voorberei. Die braai van plaaslike vissoorte is die boskamp se spesialiteits. Daar is 'n gemeenskaplike sitarea met 'n klomp ontspanningsareas en 'n kontantkroeg. Troeteldiere is welkom.

Gaste wat die Wildekus wil ervaar kan 'n daguitstappie na 'n waterval, begeleide staptogte, hengel en 4x4-safari's geniet, of net agteroor sit en ontspan.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Mbotyi Tilongo, Mnceba, Lusikisiki, 4820, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Mbotyi Tilongo, Mnceba, Lusikisiki, 4820, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAN39H3fum8HmcZ2j2MeXaua3W1gREacqDf9Y1n6sMBYOtFKNUz3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) Mbotyi Tilongo Mnceba 4820 Oos-Kaap 086 999 0018 08:00-19:00 12:00 -31.4650721 29.732424
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za