Groenpunt Akkommodasie by McKinnon House - Unit 3 | LekkeSlaap
+15

McKinnon House - Unit 3

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 169, McKinnon House Unit 3, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 530 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

McKinnon House Unit 3 is in die modieuse De Waterkant geleë. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n moderne woonstel met lieflike uitsigte oor die V&A Waterfront, stad en Tafelberg vanaf die dek op die dak.

Die woonstel is ruim en beskik oor 'n oopplankombuis, leef- en eetkamerarea, 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, en suite-badkamer, lugversorging en maak oop op 'n privaat binnehof. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Die volledig toegeruste kombuis het 'n yskas, oond en stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die woonstel is ingerig met sekere DStv-kanale, WiFi, muurkluis, DVD-speler en musiekstelsel. Gaste kan uitsigte vanaf die balkon geniet en het toegang tot veilige parkeerplek in 'n motorhuis vir 2 voertuie. Skoonmaakdienste is ook beskikbaar.

Dié modieuse woonbuurt met sy boomryke strate en elegant gerestoureerde kothuise is lekker stil. Daar heers 'n dorpie-atmosfeer wat 'n tikkie van die ou Kaapse leefstyl oproep. Die woonstel is veilig met 24 uur-sekuriteit en is gerieflik geleë naby unieke winkels, restaurante, klubs en kroeë.

Slaapplek

’n Bespreking by McKinnon House - Unit 3 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir McKinnon House - Unit 3
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Waterkantstraat 169, McKinnon House Unit 3, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink McKinnon House - Unit 3 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 530
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 530
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 169, McKinnon House Unit 3, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgen1j27D8CiHaiL0R0s8G1hSWcc9UNME2Mk2JGsTssCNCejHNs?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 530  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 169 Waterkant Street McKinnon House Unit 3 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -33.915260773374 18.416407853365
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za