Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meer Huisje

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaptein W.A. Duthie-laan, Brentonwood 5, Lake Brenton, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Meer Huisje is ’n lig en ruim selfsorghuisie vir 6 gaste in Lake Brenton, net 300m vanaf die Knysna-strandmeer en Lake Brenton Jetty, en 4 km vanaf die bekende Brenton-On-Sea strand. Dit is langsaan die historiese nedersetting van Belvidere.

Hierdie huisie is in ’n sekuriteitskompleks met veilige parkeerplek vir bote, kajaks, en waentjies, en beskik oor 2 slaapkamers, ’n solderkamer, 2 badkamers, ’n kombuis, ’n eetarea en ’n sitarea. Die oopplan-kombuis lei na ’n tuin met ’n ingeboude braai-area en ’n vuurput.

Die hoofslaapkamer het ’n werkspasie en het ’n koninggrootte-bed, asook ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort en toilet, en dit lei na ’n stoep met ’n uitsig oor die tuin.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en lei na 'n stoepie. Gaste in dié slaapkamer maak van ’n aparte badkamer met ’n stort gebruik. Die solderkamer is ideaal vir kinders en het 2 enkelbeddens. Dit word deur ’n steil trap bereik.

Die oopplan-kombuis is met potte, panne, eetgerei, breekware, stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Gaste kan etes by die etenstafel met 6 sitplekke geniet, of in die sitarea ontspan waar daar ’n TV en kaggel is.

Meer Huisie is 4 km vanaf Brenton Beach, en die Lake Brenton en Brenton-on-Sea area bied verskeie aktiwiteite, soos visvang, kajakvaart, swem en fietsry. Gaste kan ook klein wild en ’n verskeidenheid voëlspesies sien.

Slaapplek

’n Bespreking by Meer Huisje sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Meer Huisje
Netheid
4.8/5
Diens
4.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Kaptein W.A. Duthie-laan, Brentonwood 5, Lake Brenton, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Meer Huisje het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaptein W.A. Duthie-laan, Brentonwood 5, Lake Brenton, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA447efc3cf09f6db48c50c0a0c604cefe0ba2d1ea4e680da3608e887e7302242452e34a10bb6c787a3677d44dccc7a4dbdcc7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Kaptein W.A. Duthie Avenue Brentonwood 5 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.059002 23.030959