Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meerkat Menice Moi Signature Luxury Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Gold Estate & Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Tydelik onbeskikbaar

Beskrywing

Meerkat Menice Moi Signature Luxury Home is 'n selfsorgvakansiehuis op die Zebula Golf Estate and Spa. Zebula bied 'n gholfbaan, natuurreservaat en 'n gesondheidspa op 1600 hektaar se Afrika-bosveld in die skadu van die Waterberg.

Die pragtige huis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 8 kinders en beskik oor 4 en suite-slaapkamers met lugversorging. Elke slaapkamer het 'n klein solder en dis ideaal vir kinders onder 12, aangesien hulle met 'n leertjie tot bo moet klim. Elke slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 2 enkelmatrasse in die solder. Die en suite-badkamers het elkeen 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-leefarea is op die grondverdieping en het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en 'n toonbank. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv.

Die groot stoep het 'n ingeboude braai en 'n boma waar gaste aande onder die sterre kan deurbring en in die Jacuzzi ontspan. Die boonste terras bied 'n mooi uitsig. Die huis het ook 'n swembad en 'n boma met 'n vuurput.

Gaste het toegang tot restaurante, speelareas vir kinders, bewareas en al die aktiwiteite op die Zebula Golf Estate and Spa. Gaste moet hotel- spa- en gholfgeriewe by die hotel bespreek en betaal. Winkels is beperk in dié omgewing, so gaste moet eerder hul inkopies in Bela-Bela doen.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Hanchen Geverifieer

Eiendomme 26

Resensies 25

Jaar gelys 7

Ligging

  • Plaas 534, Zebula Gold Estate & Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Gold Estate & Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc110d60216a0510d09e8b17129954b3c4b96eaf289775b94b223aff0ee88b932dfe11dab5f9ad4fffb79d28ada56eb08c13d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
Tydelik onbeskikbaar
Farm 534 Zebula Gold Estate & Spa 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.765225792616 27.949733734131
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem