Melk Houte Bosch

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Melk Houte Bosch is 'n plaas langs die Breederivier, net 34 km buite Swellendam en sowat 230 km van Kaapstad af. Die plaas bied gehalte-verblyf en is ideaal vir gesinne of 'n groep vriende.

Gaste kan kies tussen die Melk Houte Bosch Plaashuis wat slaapplek vir 6 gaste het en die Melk Houte Bosch Herehuis wat slaapplek vir 8 gaste het.

Die plaashuis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl die ander 2 slaapkamers elkeen 2 enkelbeddens het. Een van die ander badkamers het 'n bad en 'n stort, en die derde badkamer het net 'n stort. Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, breekware, eetgerei, en koffie- en teemaakgeriewe. Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel geniet en in die sitarea voor die kaggel en TV met DStv ontspan. Die leefarea lei na 'n binnebraai-area met 'n tafeltennisblad en 'n uitsig op die heuwels en oor die omliggende omgewing.

Die Melk Houte Bosch herehuis beskik oor 4 en suite-slaapkamers met storte. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die ruim kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, en koffie- en teemaakgeriewe in, en lei na die oopplan-eetarea en -sitarea. Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n kaggel. Dit lei na binnebraai- en -kuierarea met 'n tafeltennisblad en 'n pooltafel. Daar is ook 'n swembad met 'n uitsig op die Langeberge.

Gaste is welkom om die plaas te voet of met 'n bergfiets te verken, op die rivier te roei, voëls te kyk, of 'n piekniek onder die melkhoutbome te geniet. Daar is 'n hele rits wildspesies op die plaas waarvoor gaste beslis hulle oë moet oophou. Vir diegene wat graag die omgewing wil verken is die legendariese Malgas-pont net 13 km ver en De Hoop Reservaat net 22 km ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Melk Houte Bosch gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false