Melkboom Self-Catering Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Melkboom is 'n selfsorgvakansiehuis wat net 10 m van die see af is in Franskraal in Gansbaai. Dis perfek vir 'n groep vriende of 'n groot gesin op soek na 'n rustige wegbreekplek met luisterryke uitsigte oor die oseaan en verskeie doendinge in die omgewing.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers en daar is 'n addisionele woonstel met slaapplek vir 2 ekstra mense. Die slaapkamers is ruim en toegerus met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en die badkamers het elk 'n stort of 'n bad met 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is ten volle toegerus om maaltye voor te berei en beskik oor geriewe soos 'n yskas en 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, oorgenoeg ingeboude kaste en ander toebehore.

Die oopplan-sitkamer en -eetkamer het 'n groot eetkamertafel en -stoele, netjiese sitplek in die sitkamer en vloer- tot plafon-vensters wat ongelooflike see-uitsigte bied. Die TV-kamer het 'n groot platskerm-TV met 'n volle DStv-pakket en dit grens aan die eetkamer. Melkboom het 'n lekker braai in die agtertuin vir daardie aande wat jy nie lus is vir kosmaak nie.

Daar is 'n dubbelmotorhuis vir voertuie beskikbaar. Gaste sal van die patio af kan kyk hoe walvisse gedurende die seisoen in die branders baljaar. Boonop is daar 'n hele rits doendinge binne 'n paar minute se ry van Melkboom af. Dit sluit in: snorkel, voetslaan, visvang op die rotse, inkopies, restaurante en dag-uitstappies na omliggende areas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Melkboom Self-Catering Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false