Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mellivora Lodge

  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buffelstraat 4428, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Mellivora Lodge is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in die hartjie van die Bosveld in Marlothpark, waar gaste kan ontspan en die geluide en reuke van die bos kan geniet. Dit is net 300 m van die Krokodilrivier af, die Krugerwildtuin se grensheining, waar gaste die pragtige uitsig oor die rivier kan geniet en 'n rits diere sal sien. Dit is 'n ideale basis vanwaar gaste die Krugerwildtuin kan verken, want die Krokodilbrughek is slegs 10 minute se ry ver. Mellivora Lodge is na 'Mellivora capensis' vernoem, wat die Latynse naam is vir die ratel is.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Al die slaapkamers het lugversorging en waaiers. Die tweede badkamer op die onderste verdieping het 'n bad en 'n stort, en die derde badkamer op die boonste verdieping het net 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus en sluit 'n mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser, dubbeldeuryskas en 'n diepvrieskas in. Die etenstafel het sitplek vir 6 en die sitkamer op die boonste verdieping het 'n TV met OpenView-kanale. Daar is ook 'n pooltafel, veerpyltjiebord en tafeltennis.

Buite is daar 'n plonspoel en 'n stoep met 'n ingeboude braai en seile wat kan afrol, sodat gaste steeds buite kan kuier wanneer dit reën. Gaste kan ook hul aande langs die kampvuur in die vuurput en buitebraai deurbring. Die dek op die boonste verdieping het sitplek en sonstoele waar gaste die voëllewe kan geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Mellivora Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 11 resensies vir Mellivora Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Marion Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Jaar gelys 2

Ligging

  • Buffelstraat 4428, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Mellivora Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buffelstraat 4428, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8b15a8a914e84f87aa6ff1f6e14b973746e92c149fa264cabf90a09fd1c82624e0d2309f5ff907c22448e825c0b3747ab52e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8) 11 5 1 5 4428 Buffel Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.3620756 31.8080743
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem