Melrose Place Guest Rooms

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Melrose Place Guest Rooms bied gerieflike selfsorgverblyf (ontbyt is op versoek beskikbaar) in Potchefstroom. Die gastehuis is 1,2 km vanaf die Noordwes Universiteit, 1 km vanaf MediClinic- en Mooimed-hospitaal, en 2 km vanaf die astro-hokkievelde en Fanie du Toit-sportgronde geleë

Daar is 14 selfsorg-eenhede met slaapplek vir 2 gaste in elke eenheid. Elke eenheid het 2 driekwartbeddens. Die kombuis is goed toegerus met mikrogolfoond, tweeplaatstofie en oondjie. Elke eenheid het 'n TV met DStv en lugversorging. Wit linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 3 gesinskamers wat elkeen oor 'n dubbelbed en dubbelslaapbank vir 2 kinders jonger as 13 jaar of 1 gas ouer as 13 jaar beskik.

Ander geriewe sluit 'n braai-area en gratis WiFi in. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n elektriese hek en heining beskikbaar.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Boskopdam Natuurreservaat, Potchefstroom Museum, Potchefstroom Gholfklub en Fanie du Toit-sportgronde in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Melrose Place Guest Rooms gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za