MeTime Guest house & Self catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

MeTime bied selfsorgverblyf in die hartjie van Hartenbos. Ons is ideaal geleë binne stapafstand van die strand af. Dit is die perfekte basis vir 'n heerlike vakansie en te danke aan die matige klimaat bied dit 'n wonderlike vakansiebestemming regdeur die jaar.

Ons bied verblyf in 3 gesinskamers wat elkeen met 'n dubbel-/koningingrootte-bed en 'n stapelbed ingerig is, en 2 dubbelkamers met 'n koningingrootte- of koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Al die slaapkamers het en suite-badkamers. Verder is daar 'n toegeruste gemeenskaplike kombuis, sit- en eetarea, en waskamer.

Die tuin bied 2 braai-areas met oorgenoeg sitplek wat jou sal noop om die warm aande aan die kus met 'n vleisie op die kole deur te bring. Daar is oorgenoeg veilige parkeerplek vir geregistreerde gaste en besoekers met geslotekringtelevisie en eksterne straalsekuriteit.

Dié omgewing bied ook 'n hele rits doendinge wat jy oor die hele vakansietydperk kan aanpak. Daar is iets vir ieder en elk, jonk en oud. Van putt-putt, swem en vertonings deur bekende sangers tot die groot versameling stalletjies wat enigiets bied van tradisionele handgemaakte geskenke tot eksotiese parfuums en speserye.

In die omliggende area sal jy nog doendinge vind wat in almal se smaak val.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na MeTime Guest House & Self Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false