Metsi Metsi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Metsi Metsi is 10 km buite Modimolle geleë en bied verblyf in ’n gastehuis met 6 slaapkamers en ’n kampeerplek. Die verblyf is ideaal vir gaste wat op soek is na ’n wegbreek in die rustige bosveld, weg van die stad se gewoel.

Die gastehuis is ’n plaashuis, ideaal vir familie-samesymn of ’n naweekwegbreek. Die gastehuis bied slaapplek aan 12 gaste in 6 slaapkamers waarvan 2 tentkamers langs mekaar is. Daar is 4 en suite-slaapkamers wat elk ’n dubbelbed het, 1 en suite-slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die gastehuis het ’n ekstra badkamer met ’n bad en toilet, asook ’n kombuis wat volledig toegerus is, ’n leef- en eetarea. Die huis het sekere DStv-kanale.

Die 2 tentkamers langs mekaar het elkeen 2 driekwartbeddens. Die badkamergeriewe is langs die tente en beskik oor 'n stort en 'n toilet.

Metsi Metsi bied ’n kampeerterrein vir tot 4 gaste per kampeerplek. Dié kampeerterrein bied staanplekke waar gaste kan kamp met hul eie tente of karavane. Daar is 'n kragpunt, sowel as 'n waterpunt by elke staanplek. Gaste het toegang tot gemeenskaplike ablusies.

Die venue is geskik vir funksies soos troues, met plek vir minimum 80 gaste en maksimum 180 gaste met oorgenoeg veilige parkeerplek en ’n lieflike uitsig van die bosveld. Daar is doendinge soos voetslaan, bergfietsry, visvang en voëlkyk, of gaste kan met ’n skemerkelkie ontspan terwyl hulle ’n prentjiemooi sonsondergang geniet.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Metsi Metsi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za