Meyerspoort
Beskrywing
Meyerspoort is 'n plaas wat 50 km vanaf Beaufort-Wes geleë is. Dié plaas spog met asemrowende uitsigte en gerieflike verblyf. Dis in die hartjie van die Karoo waar derduisende sterreliggies saans in die hemelruim skitter. Dis rustig en stil, omring deur grasgroen lusern en asemrowende natuurskoon.
Meyerspoort bied verblyf in 'n goed gerestoureerde en luuks gemeubileerde plaashuis op die oewer van die Plaatjiesrivier. Daar is 2 en suite-dubbelkamers. Die kombuis is volledig teogerus en die leefarea het DStv en 'n DVD-speler. Braaigeriewe en hout is beskikbaar. Die eenheid word daagliks skoongemaak en daar is 'n gimnasium by die hoofhuis. Linne en handdoeke word voorsien.
Hiér wag 'n unieke Karoo-ervaring en -hartlikheid op 'n skaapplaas in die Karoo.
Daar is tientalle plaasaktiwiteite en gaste kan kom kyk hoe werk 'n mens met Meatmaster-skape en Boran-beeste. Hulle kan ook koeie melk, hooi sny en bole vorm, lusernvelde natlei, draad regmaak en paaie herstel.
Slaapplek
'n Bespreking by Meyerspoort sluit in:
2 x Enkelbed / Driekwartbed
3 x Enkelbed / Driekwartbed
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
Ekstras
- Kroegyskas
- Tee en Koffie Skinkbord
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Kamergeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein Kombuis
- Sitkamer
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Vermaak
- Boeke en Tydskrifte
- DVD
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Meyerspoort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |