Middelfontein Kamdeboo
Beskrywing
Middelfontein Kamdeboo bied verblyf tussen niks en nêrens in die Oos-Kaapse Karoo. Dis ideaal vir natuurliefhebbers en avonturiers. Dié plaas het 'n pragtige uitsig oor die rivier, 'n groot dam en die berge. Middelfontein Kamdeboo is gemáák vir mense wat op soek is na 'n wegbreekplek in die natuur ver van tegnologie.
Die huis het slaapplek vir 8 gaste in 3 slaapkamers en daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die geisers werk met gas en voorsien elke keer warm water. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Linne en handdoeke word voorsien.
Middelfontein Kamdeboo maak gebruik van sonkrag en die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, 'n yskas en 'n groot vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n binnebraai wat ook gebruik kan word om die huis te verhit in die winter. Een komplimentêre draggie hout word voorsien.
Wild is volop op die plaas, daar is voetslaanroetes, hengelplek by die groot dam, en gaste kan ook 'n handjie bysit met die plaasaktiwiteite. 'n Gids is beskikbaar vir die staproetes. Die instansie bied nie jaggeriewe nie.
Kenmerke
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Hier praat ons
- Engels
Kamergeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Vermaak
- Boeke en Tydskrifte
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Middelfontein Kamdeboo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |