Midlands Eco Lodge
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wakefield Plaas 2369, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 950 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Midlands Eco Lodge is 'n bekoorlike selfsorghuis in Dargle en is ideaal vir natuurliefhebbers wat van die besige stad wil wegkom.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank in die tweede slaapkamer en gaste maak van die tweede badkamer met 'n stort gebruik. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n houtvuurkaggel, 'n gemaklike rusbank en 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n beskutte stoep met sitplek en prentjiemooi uitsigte oor die vallei. Verder is daar 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en tafeltennis. Braaigeriewe en parkeerplek is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Dale Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Wakefield Plaas 2369, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Midlands Eco Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wakefield Plaas 2369, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom