Milkwood Bushcamp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Milkwood Bushcamp is ideaal as 'n troeteldiervriendelike gesinsvakansie of naweekwegbreek. Dit bied kampeerplek met buitelugdoendinge soos perdry, bergfietsry, voetslaan, bootritte en visvang. Dié boskamp is in Malgas naby die Breederivier, 21 km van Infanta en 42 km van Witsand af.

Milkwood Bushcamp bied 7 kampeerplekke waarvan 2 geskik is vir groepe of 3 karavane. Gaste het toegang tot gemeenskaplike ablusiegeriewe. Kom geniet 'n braai met Rooikranshout by jou eie privaat braai-area. Gaste kan gerus 'n rubberboot of ander 'ligte' boot saambring en op die Breederivier vaar. Daar is ook 2 bote te huur vir die vissermanne. Kano's, roeiski's en ander tipes wind- en handgedrewe dryfbote is welkom op die varswatervlei wat met 'n mengsel natuurlike fonteinwater en reënwater gevul word. Weens die droogte is daar ongelukkig nie op die oomblik water in die varswatervlei nie.

Daar is 'n landingstrook vir ligte vliegtuie soos mikrovliegtuie, mikrokopters en helikopters. Die supermark is 7 km ver indien gaste voorraad moet optel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Milkwood Bushcamp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R280 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false