Milkwood Glen 17

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Milkwood Glen is 'n vakansiekothuis in Keurboomstrand. Die kothuis is sowat 70 m van die ongerepte strand en het direkte toegang tot die strand. Gaste kan ook die pragtige see-uitsig vanaf die groot houtdek geniet, dis veral ideaal vir dolfyn- en walviskyk gedurende die seisoen.

Die kothuis het 2 slaapkamers, daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is 'n oopplan-sitkamer en -kombuis. Die kothuis is volledig toegerus en die kombuis het 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, 'n ketel, 'n broodrooster en 'n gasstoof. Daar is lugversorging in die sitarea, waaiers in die slaapkamers en 'n paneelverwarmer is beskikbaar. Die kothuis is ideaal vir 'n gesin van 4. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale

Die badkamer het 'n wasmasjien, 'n stort-oor-bad, en daar is ook 'n buitestort om van sand ontslae te raak. Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring. Die stoep het stoepmeubels waar gaste kan ontspan langs die ingeboude-braai, en die manjifieke see-uitsig kan geniet. Daar is 'n wysgoedlyn teen 'n muur buite.

Die kompleks het 'n swembad wat op eie risiko gebruik moet word.

Geniet uitstekende visvanggeleenthede met 'n lisensie, of stap rustig langs die eindelose, ongerepte Blouvlagstrand wat binne stapafstand van die huisie is.

Slaapplek

'n Bespreking by Milkwood Glen 17 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Milkwood Glen 17 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R985 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false