Millbury Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Milbury Gastehuis verwelkom jou na ons elegante, unieke gaste-suites wat ruim en weelderige verblyf in die boomryke Mill Park-woonbuurt bied. Die gastehuis is in 'n rustige tuin rondom 'n sprankelende swembad geleë en dit is die perfekte basis waarvandaan die Oos-Kaapse wildparke, strande en gholfbane in die omgewing besoek kan word.

By Millbury gastehuis sal ons aan al jou behoeftes voorsien of jy vir ontspanning of besigheid reis. Dit sluit reisreëlings, sakegeriewe of selfs net kennis van die beste plaaslike vakansie-inligting in.

Millbury Gastehuis is langs die Port Elizabeth gholfbaan en 'n straatblok van Hoërskool Grey af geleë. Dit is goed geleë om Port Elizabeth en omgewing te ontdek. Plaaslike toeriste-aktiwiteite sluit gholfdae, safari's na malariavry wildtuine, branderry, inkopies doen, vermaak vir kinders, diepseehengel of blote ontspanning langs die swembad in.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Millbury Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za