Miss Girly

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Miss Girly is 'n unieke selfsorghuis wat ideaal geleë is in Koperfontein, Hopefield. Die huis en ligging is al beskryf as ongerep, rustig, vreedsaam en 'n baie gelukkige toeval.
Die selfsorghuis is die ideale basis vanwaar die Weskus of die Swartland se wynroete verken kan word.

Die huis het slaapplek vir tot 6 gaste en het 2 slaapkamers waarvan 1 'n solderkamer is. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die solderkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die huis het 1 pragtige badkamer met 'n groot bad en 'n stort.

Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en beskik oor 'n eetkamertafel en -stoele. Die eetkamer- en leefarea is oopplan en dit bevat 'n groot hout-eetkamertafel en -stoele. Die ruim leefarea beskik oor 2 slaapbanke en 'n groot kaggel. Die leefarea het skuifdeure wat toegang bied tot 'n patio met lekker sitplek buite.

Daar is onbeperkte WiFi en die groot kaggel is iets wat gaste baie gereeld sal wil gebruik. Plaaslike vleis en plaasbrood is op versoek beskikbaar.

Koperfontein is net 60 kilometers van Langebaan af met sy lieflike restaurante en gholfbaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Miss Girly sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Miss Girly gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false