Sabie Akkommodasie by Misty Mountain | LekkeSlaap
+91
+91

Misty Mountain

Lodge
  • Vanaf R1 690 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 90 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R37, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Misty Mountain is 'n Suid-Afrikaanse Natuurerfenisgebied van 280 ha op die pragtige Long Tom-pas, 31 km vanaf Lydenburg en 24 km vanaf Sabie in Mpumalanga. Misty Mountain het 'n unieke ligging in die bergagtige platteland met asemrowende uitsigte oor die platorand en die Laeveld. Die Sheard-familie besit en bestuur dié lodge al sedert 1974 en dit is die ideale bestemming om in rustigheid te ontspan en die natuurskoon te geniet.

Verblyf word gebied in 27 eenhede. Elke eenheid het 'n privaat stoep, braai-area, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak en linne en handdoeke word voorsien.

Misty Mountain maak voorsiening vir paartjies en gesinne met verskillende verblyfopsies. Die tariewe sluit verblyf en ontbyt in. Die Plaashuis se tariewe geld wel vir selfsorg. Die restaurant voorsien ook ander etes en spesialiseer in superieure, plattelandse kookkuns. Middagete en aandete is beskikbaar vanaf 'n omvattende a la carte-spyskaart.

Doendinge sluit die Long Tom Toboggan, begeleide vierwielmotorfietsroetes, staproetes, visvang en voëlkyk in.

Die lodge is gerieflik op die Panorama-roete geleë en die ideale basis vanwaar die Mpumalanga-platorand, The Gorge Glass Lift, God's Window, The Pinnacle, Bourke’s Luck-kolkgate, Blyderivierspoort, sowel as die wêreldbekende Krugerwildtuin en aangrensende privaat wildreservate verken kan word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 50 resensies vir Misty Mountain
Netheid
4.5/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Langs die R37, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Misty Mountain het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 690
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 690
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 690
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 90 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R37, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIzMzIxOGNmLTUyOTgtNDIwNC05MDg4LTUzOTIyZjk3NjYwZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 690  per nag (vir 2 persone) 50 5 1 5 Off the R37 Sabie 1260 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -25.175708823354 30.660551190376
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za