Misty Mountain

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Misty Mountain is 2 km vanaf die dorpie Nottingham Road geleë en bied 'n plattelandse toevlugsoord met 'n uitgestrekte uitsig op die Drakensberge. Die instansie bied die ideale basis vanwaar verskeie doendinge in die omgewing verken kan word.

Verblyf is beskikbaar in 'n tweeslaapkamereenheid wat deel vorm van die hoofgastehuis, en 'n aparte kothuis. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n elektriese hek.

Die tweeslaapkamereenheid het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, bank, yskassie, klerekas en 'n spieëltafel. Daar is ook 'n TV met volledige DStv, 'n verwarmer en tee- en koffiemaakgeriewe. Die badkamer het 'n pragtige hoekbad, instapstort, verwarmer en 'n toilet. Daar is ook 'n 2-enkelbedkamer met 'n badkamer beskikbaar. Elke kamer het 'n privaat ingang.

Die kothuis het slaapplek vir 3 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die sitkamer het 'n dagbed. Die eenheid het ook 'n kombuisie met basiese selfsorgtoerusting en 'n privaat, omheinde tuin.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Misty Mountain gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false