Lydenburg Akkommodasie by Mistyridge Guesthouse | LekkeSlaap
+14

Mistyridge Guesthouse

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Potato Seed Production, Longtom-pas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (vir 7 persone)

Beskrywing

Mistyridge Guesthouse is 'n selfsorgplaashuis op 'n produserende aartappelsaadplaas net buite Lydenburg in Mpumalanga. Die huis is aan die bokant van die Longtom-pas en die panoramiese uitsigte is pragtig. Die plaas is in die misgordel so hier heers dan en wan 'n lieflike atmosfeer wanneer die mis oorkom. Dit is ook gewoonlik 5 grade koeler op die berg as in die dorp wat sowat 20 km van die plaas af is.

Die gastehuis het 3 lieflike slaapkamers elk met 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra enkelbed en 'n en suite-badkamer. Die ander 2 slaapkamers deel die tweede badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort en aparte toilet.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, en 'n skottelgoedwasser. Die woonkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Daar is 'n binnebraai en 'n eetkamertafel met 8 stoele.

The Hops Hollow Beer Brewery is sowat 10 km van die plaas af en gaste kan ontbyt eet by die Misty Mountain Hotel. Sabie, Graskop en Pelgrimsrus is lekker naby. Besoekers kan gerus ook 'n draai maak in die lieflike nabygeleë dorpie genaamd Dullstroom.

Slaapplek

’n Bespreking by Mistyridge Guesthouse sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Mistyridge Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Potato Seed Production, Longtom-pas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Gaste dink Mistyridge Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Potato Seed Production, Longtom-pas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJiNzBhMmMwLTkzYjYtNGEwOC04YWI2LWM0NGE1OWRiZjc5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (vir 7 persone) 6 5 1 5 Potato Seed Production Longtom Pass 1120 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.130273638815 30.56350082159
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za