Mjejane Bush Camp
- Kapasiteit: 252 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Wildreservaat, Krugerwildtuin, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 620 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mjejane Bush Camp bied luukse bosveldverblyf aan die oewer van die Krokodilrivier. Dié 4000 hektaar-reservaat is in die Krugerwildtuin geleë en is die ideale basis vanwaar gaste die wildtuin kan verken.
Daar is rivierfront- of boslodges wat oor die watergate en ongerepte Bosveld uitkyk. Daar is oorgenoeg spasie vir families en vriende in die selfsorgkamers en -suites. Elke eenheid het 'n ten volle toegeruste kombuis, sitkamer waar gaste kan eet en groot vensters wat toegang tot 'n dek met buitebraaigeriewe bied. Gaste kan binne ontspan of lekker avonture in die bos geniet.
Daar is iets vir die hele gesin in die klubhuis en speletjieskamer - van 'n pool-tafel en veerpyltjiebord tot 'n platskerm-TV en WiFi. Die geriefswinkel op die perseel het benodighede soos ys, koeldranke en vuurmaakhout. Kinders kan lekker op die klimrame en trampolien speel na 'n uur lange wildrit. Ander doendinge by die oord sluit wildritte, 'n swembad, uitkykdek en 'n mobiele spa in.
Gaste kan Afrika op sy beste hiér geniet en die Groot 5 beleef.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Mjejane Wildreservaat, Krugerwildtuin, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Gaste dink Mjejane Bush Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mjejane Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 252 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Wildreservaat, Krugerwildtuin, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom