Mjejane Bush Camp River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mjejane Bush Camp River Lodge bied luukse verblyf in die bosveld aan die oewer van die Krokodilrivier. Die reservaat is 4000 ha groot en is aan die suidelike kant van die Krugerwildtuin geleë. Dit is dus die ideale basis vanwaar die area verder verken kan word.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer in die kamer wat 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n aparte toilet het. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n badkamer in die kamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n aparte toilet. Die derde kamer het 'n koninggrootte-bed en maak gebruik van die aparte gastebadkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is 'n eetarea waar gaste saam kan eet.

Die sitkamer het 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 kinders. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die sitkamer lei na 'n houtdek met 'n mooi uitsig oor die Krokodilrivier en in die Krugerwildtuin in. Die dek spog met 'n plonspoel, 'n etenstafel en ingeboude braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Mjejane Bush Camp River Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mjejane Bush Camp River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za