Mjejane River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mjejane River Lodge is aan die oewer van die Krokodilrivier, een van die Krugerwildtuin se grootste riviere geleë, en is omring deur duisende hektaar ruwe Afrikawildernis. In hierdie omgewing is waterbronne ook bronne van lewe. Die rivierhabitat lok alle tipes wild wat op soek is na kos en drinkwater. Hier ontmoet jagter en prooi, loop lewe en dood hand-aan-hand, en wag asemrowende wild-ervarings op jou.

Afrika het 'n eeue-oue ritme wat weerspieël word in die gasvryheid van sy mense. Van die eerste vriendelike verwelkoming tot jou ontdekkingsreis deur die Afrika-bosveld met 'n ervare wildbewaarder aan jou sy ... tot 'n aandete onder die sterre en 'n dansende vuur in die lekker kuierboma ... tot die gerieflike individueel versierde slaapkamers met lugversorging ... tot die hartseer koebaai's wat heeltemal te vroeg kom. Wanneer jy ons spesiale stukkie Afrika met ons gedeel het sal jy verstaan wat die woord "gasvryheid" beteken en smag daarna om terug te keer.

Jy sal 'n geleentheid hê om die "naakte" Afrika in al sy prag en in al sy buie te ervaar. Wanneer die son sak oor die Krugerwildtuin aan die einde van nog 'n uitsonderlike dag sal die rivier jou sorge wegdra en Afrika sal in jou bloed vloei vir altyd.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mjejane River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za