Suidelike Drakensberge Akkommodasie by Mkomazana Mountain Cottages | LekkeSlaap
+51

Mkomazana Mountain Cottages

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sani Pass Pad, , Suidelike Drakensbergee, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 090 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mkomazana Mountain Cottages is geleë binne die oorgrensvredespark aan die voet van die Sanipas. Die lodge staan in die luisterryke Sani-vallei, 'n hemel vir natuurliefhebbers en moontlik een van die Suidelike Drakensberg se bes bewaarde geheime.

Die lodge het 5 eenhede waaruit jy kan kies. Elke eenheid/huis het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, mikrogolf, yskas, broodrooster, ketel, breekware, eetgerei, beddegoed, handdoeke en braaigeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak en hout is te koop.

Mkomazana het alles. Kyk uit vir die groot verskeidenheid fauna en flora, soos otters, bobbejane, ribbokke, elande en die groot verskeidenheid voëls, soos die witkruisarend, baardaasvoël en visarend. Daar is ook rotstekeninge in die omgewing en pragtige natuurskoon in die omgewing: watervalle, glashelder bergstroompies, poele en damme in die omgewing.

Die lodge is perfek geleë vir 'n groot verskeidenheid buitelugaktiwiteite. Gaan stap in die Drakensberge, vang forel (tariewe beskikbaar op versoek, swem in die helder bergpoele, ry bergfiets, of stof jou verkyker af vir voëlkyk. Al hierdie aktiwiteite kan van die eiendom af gedoen word. Jy kan ook op 'n kano of 'n binneband vaar (sowat 20 km van ons af), speel gholf, muurbal of tennis (sowat 4 km van ons af).

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 29 resensies vir Mkomazana Mountain Cottages
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Sani Pass Pad, , Suidelike Drakensbergee, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Mkomazana Mountain Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 090
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 090
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sani Pass Pad, , Suidelike Drakensbergee, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIzYWNkYmFhLWI2MGYtNGRkMi1hMTRjLTE5OTc0MWNmNTkxOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 090  per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 Sani Pass Road Sani Pass 3257 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.631013678286 29.419026374817
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za