Moby's Plettenberg Bay
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eddystone-rylaan 31, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Moby's Plettenberg Bay is 'n bekoorlike dubbelverdiepinghuis met selfsorgfasiliteite in Plettenbergbaai. Dit is ideaal vir 'n groep of 'n gesin wat op soek is na 'n gerieflike wegbreekplek naby die strand en ander doendinge op die Tuinroete.
Die huis is ruim en smaakvol versier en bestaan uit 5 slaapkamers, 3,5 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en al die slaapkamers het 1 koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort en/of bad, wasbak, en toilet.
Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 2 oonde met stoof, ander toebehore, en daar is 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.
Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na die hoofbalkon en daar is noga balkon aan die anderkant van die huis.
Dan is daar ook nog 'n ander TV-kamer, kroegarea, studeerkamer, en 'n beskutte, sonnige binnehof met braaigeriewe waar besoekers lekker kan kuier.
Die agtertuin bevat 'n groentetuin en 'n piesangboom, en daar is veilige parkeerplek. Moby's Plettenberg Bay is net 5 minute se ry of 20 minute se stap van die strand af, en dit is ook net 'n klein entjie se ry na die nanatuurreservate in die omgewing.
Slaapplek
’n Bespreking by Moby's Plettenberg Bay sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Eddystone-rylaan 31, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Moby's Plettenberg Bay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eddystone-rylaan 31, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom