Kruger tot Canyons Akkommodasie by Moholoholo Forest Camp | LekkeSlaap
+29

Moholoholo Forest Camp

Lodge
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R531, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 570 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Moholoholo Forest Camp lê in die skadu van die majestueuse Drakensberge en is 'n intieme lodge tussen Afrika se massiewe kinabome wat die tuiste van 'n verskeidenheid voël- en dierspesies is. Die Forest Camp en die wêreldbekende Moholoholo Wildlife Rehabilitation Centre is op dieselfde eiendom van ongeveer 420 hektaar geleë, en 'n alomvattende besoek aan dié sentrum is 'n een-keer-in-'n-leeftyd-ervaring.

Die Forest Camp bied persoonlike aandag, is buigsaam genoeg om aan te pas by ons gaste se behoeftes, en bied 'n unieke geleentheid om beide bos- en savannawild te ervaar. Dit is ook 'n paradys vir 'n voëlliefhebber. Die rus en vrede van die lodge sal lekker wees vir diegene wat van die gejaag van die stad wil ontsnap en die egte Afrika-bos wil ervaar. Die gereelde besoeke van blouapies, bobbejane en die skaars samango-aap sal die hele gesin vermaak. Die besoeke van ons bosvark-familie, nagapies en uile sal vir jou 'n smaak van ons naglewe gee.

Die Forest Camp bied gaste 'n intieme bos-ervaring en die lodge beskik oor 10 luukse chalets wat oor die kinawoud uitkyk. Al die eenhede het en suite-bad en -stortgeriewe. Dit is lieflike akkommodasie vir gesinne.

Jou verblyf sluit 3 heerlike etes, 'n wildrit op die reservaat en 'n pragtige boswandeling in die oggend in. Ons ervare gids sal jou 'n wonderlike wêreld van wilde diere, voëls en die tekens, spore en reuke van die Afrikabos wys. Om dit te kroon sal jy 'n besoek aan ons wêreldbekende Wildlife Rehabilitation Centre geniet. Die 2 uur-lange toer by die sentrum sal jou met 'n beter begrip rakende bewaringkwessies laat, maar ook met herinneringe van al die inwonende kreature.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Vanaf die R531, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 570
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R3 570
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R531, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE2NmNhNjlmLWY1Y2ItNGEyZC04OWNmLWY3MzY1ZGUwNjI0Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 570  per nag (vir 2 persone) Off the R531 Hoedspruit 1380 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.537494444444 30.906552777778
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za