Mojo Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Mojo Hotel is tussen Strand- en Regentweg in Seepunt geleë. Ons bied 'n keuse van ruim hotelverblyf en kompakte hotelkamertjies teen sakpaspryse in 'n sentrale ligging met see- en berguitsigte.

Die hotel bied 'n totaal van 52 en suite-slaapkamers. Buiten die 24 hotelkamers en ateljeewoonstelle, is daar 28 nuwe hotelkamertjies, 'n nuwe internasionale konsep van 'n "kapsule-hotel" waar 'n kamer met 'n klein, kompakte ontwerp teen sakpaspryse aangebied word.

Al ons beddens het luukse spiraalveermatrasse wat oorgetrek is met perkallinne. Ander geriewe in die kamer sluit gratis, vinnige WiFi, digitale kluise, sluitkaste en gratis tee- en koffiemaakgeriewe in. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis, sitarea, TV-kamer en daktuin.

Ons bied ook dienste soos 'n 24 uur-ontvangs, reistoonbank, lughawe-pendeldiens en 'n wasgoeddiens. Parkeerplek met 24 uur-sekuriteit is beskikbaar vir ekstra gemoedsrus.

Gaste is binne stapafstand vanaf die strand en 'n wye verskeidenheid outentieke restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Italiaans

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mojo Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 R891 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za