Molalatau Lodge and Campsites

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Molalatau Lodge and Campsites is 'n klein oase in die hartjie van die bosveld. Molalatau beteken "die leeu se rusplek". Die oord is aan die oewer van die Mokolorivier, langs die mond van die Rietspruit, en word deur die skilderagtige Waterberge omring. Die ryk voëllewe verskaf agtergrondmusiek, en die pragtige inheemse bome bied 'n vreedsame atmosfeer en skuiling teen die warm bosveldson.

Verblyf is beskikbaar in King Fischer-sakpaskamers, Eagle-kamers, Bushbuck-chalets, deluxe houthutte en 'n ruim kampterrein met silwerskoon ablusiegeriewe.

Die lodge het 'n swembad, ablusieblokke, 'n vlugbalbaan en pooltafels. Gaste kan heerlik in die opelugkroeg aan die oewer van die Mogolrivier ontspan en ietsie koel kom geniet. Daar is ook 'n a la carte-restaurant vir die smulpape.

Molalatau is die perfekte venue vir 'n droomtroue, 'n konferensie of enige ander funksie. Die ruim Leeusaal bied sitplek aan 250 tot 550 gaste, afhangend van die tipe funksie. Die Lion Club Hall kan vir 'n kleiner funksie of kapel gebruik word en daar is plek vir tussen 70 en 150 gaste. Ons het ook plek vir honderde mense op ons grasperke vir buitelugfunksies met 'n bosveld-atmosfeer.

Molalatau is ook oop vir dagbesoekers om te kom visvang, braai, swem of sommer net 'n luilekker dag langs die swembad deur te bring. Ons is net 10 km vanaf Lephalale en dus ideaal vir 'n vinnige weeksdag-, naweek- of selfs langer wegbreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Molalatau Lodge And Campsites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za