Moments Guest House and B&B
- Kapasiteit: 24 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swartrivierstraat 35, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Moments Guest House and B&B is 'n groot, luukse selfsorg-gastehuis in die boonste deel van Kleinmond wat verblyf aan groepe van 2 tot 12 gaste bied. Die tariewe is per kamer per nag.
Moments beskik oor 6 slaapkamers wat elkeen gerieflik ingerig is en oor en suite-badkamers met storte beskik. Daar is koningingrootte-beddens in 4 kamers en koninggrootte-beddens in 2 kamers wat elkeen as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien.
Die gemeenskaplike kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof met 'n oond, 'n mikrogolfoond, eetgerei, breekware en die nodige toebehore. Daar is 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien ook op versoek beskikbaar. Die oopplan-leefkamer beskik oor 'n eetkamerarea en 'n TV met DStv. Daar is WiFi beskikbaar.
Daar is braaigeriewe buite, 'n groot swembad en gemakstoele wat gaste kan benut. Verder is daar parkeerplek op die perseel. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode in die huis.
Die eienaars van Moments Gastehuis bewoon die boonste verdieping, maar gaste se privaatheid word gerespekteer en het ook hul eie privaat toegang en volle gebruik van al die geriewe.
Moments is net 500 m van die Kleinmond Gholfklub af, 850 m van 'n sentrale winkelsentrum af en 1 km van die Kleinmond-strand af. Kleinmond, met sy stil strande en Haweweg met interessante winkeltjies en restaurante, is 'n fantastiese bestemming as jy wil wegbreek van die stad se geraas. Daar is ook 'n paar lieflike wynplase in die area waar gaste kan wynproe en smullekker kos kan geniet. Hermanus is net 35 km ver en die Harold Porter Botaniese Tuin en pikkewynkolonie by Stony Point in Bettysbaai is minder as 15 km van Kleinmond af.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Swartrivierstraat 35, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 24 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swartrivierstraat 35, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom