Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Montanus

  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarens Golf and Leisure Estate 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Montanus is in die Clarens Gholf- en Forellandgoed in die skilderagtige dorpie Clarens geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n luukse vierslaapkamerhuis. Clarens is 'n gewilde wegbreekplek vir toeriste en 'n heerlike plek om te ontspan vir 'n naweek of selfs langer.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste in 4 ruim slaapkamers, elk op 'n ander verdieping. 3 van die slaapkamers het dubbelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die slaapkamers het ook ingeboude kaste en spieëlkaste en linne en handdoeke word voorsien. Die ruim oopplan-leefarea is pragtig gemeubileer en bestaan uit 'n sitkamer, eetkamer en kuierhoekie. Daar is 'n heerlike kaggel vir die koue wintermaande.

Die leefarea bied via skuifdeure toegang tot 'n patio met stoepmeubels en 'n ingeboude houtskoolbraai. Gaste kan van hier af lieflike uitsigte oor Clarens, Rooiberg en Lesotho se Malutiberge in die verte bewonder. Die huis het 'n TV met volledige DStv. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met marmer-werkoppervlakke, 'n oond, stoof, yskas-vrieskas en mikrogolf. Daar is 'n opwaskamer langs die kombuis wat beskik oor 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en opwaskamer. Verder is daar 'n dubbelmotorhuis vir 2 voertuie en nog 2 ekstra parkeerplekke in die oprit.

Die oorspronklike 9 putjie-gholfbaan is na 'n 18 putjie-baan opgegradeer. Al 18 putjies is tussen die rivier en damme geleë. Die nuwe klubhuis bied 'n lieflike uitsig op die berg. Besoekers aan Clarens het 'n hele rits doendinge om van te kies: riviervlotvaart, perdry, vierwielmotorfiets, voetslaan, tennis, muurbal, forel visvang, kunsklasse, gholf, abseil, bergstaproetes en natuurreservate. Gaste kan by Clarens se inligtingkantore navraag doen oor hierdie aktiwiteite.

Slaapplek

’n Bespreking by Montanus sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 25 resensies vir Montanus
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 627

Jaar gelys 10

Ligging

  • Clarens Golf and Leisure Estate 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Montanus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarens Golf and Leisure Estate 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc5Nzc4MTFjLTM5MGUtNGM1Zi04MTc3LTFkMWUzZjlhNTFmYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense 25 5 1 5 51 Clarens Golf and Leisure Estate Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.506856430277 28.42864156752
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem