Mooifontein Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mooifontein Cottage is 27 kilometer suid van Colesberg en is reg langs die N1 en ideaal vir 'n oornagplek of 'n wegbreek van die stedelike gewoel.

Dié selfsorgkothuis op die Mooifonteinplaas het slaapplek vir 6 gaste. Die kothuis het 1 dubbelbed in die hoofslaapkamer, 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer en 2 enkelbeddens in die leefruimte.

Die leefruimte het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Die badkamer het 'n bad en stort en handdoeke word voorsien. Die kothuis het 'n ten volle toegeruste kombuis, binne- en buitebraai. In die kombuis is daar koffie- en teemaakgeriewe en beskuit is ook ingesluit.

Koel af in die aanloklike plaasswembad op die warm somersdae. Neem asb. kennis dat die swembad seisoenaal is en in die droogte sal die water eerder vir die vlok gebruik word.

Die skoonheid van die Karoo se rotsagtige landskappe bring vrede in jou hart. Die sonsondergang na 'n lang dag op die pad skep 'n verrykende atmosfeer en is enige fotograaf se droom. Die hele gesin kan die plaas-ervaring geniet met ons hoenders, kalkoene, Merino-skape en Nguni-vee.

Slaapplek

'n Bespreking by Mooifontein Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mooifontein Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false