Mooiplaas Plaasverblyf
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R701, Mooiplaats-plaas, Goedemoed, 9950, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mooiplaas Plaasverblyf bied selfsorgverblyf op 'n skaapplaas 47 km vanaf Aliwal-Noord tussen Bethulie en Smithfield.
Die huis word omring deur veld en beskik oor 'n slaapkamer, solderkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die solderkamer. Ekstra matrasse is op versoek beskikbaar en die badkamer het 'n stort en warm water.
Die kombuis is met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasstoof en 'n gasyskas toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet en daar is 'n kaggel in die sitarea.
'n Gasgeiser, gasstoof en -yskas, olielanterns en batteryliggies maak hierdie die ideale wegbreek om net bietjie te ontsnap van elektrisiteit en die rustigheid van die omgewing te beleef. Sonkrag ook beskikbaar vir ligte, WiFi en om fone te herlaai.
Buitebraaigeriewe is beskikbaar en gaste kan daar sit en sterrekyk. Goedgemanierde honde is welkom indien dit vooraf gereël word en 'n skoonmaakdiens is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Die plaas bied wandel-, draf- en fietsryroetes en daar is verskeie piekniekplekke waar gaste kan ontspan.
Vanaf Aliwal Noord is dit 11km grondpad en vanaf Bethulie/Smithfiled is dit 20km grondpad. Die R701 pad word elke 6 maande geskraap maar kondisies kan wissel agv reën.
Slaapplek
’n Bespreking by Mooiplaas Plaasverblyf sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Ligging
- Langs die R701, Mooiplaats-plaas, Goedemoed, 9950, Vrystaat
- Gaste dink Mooiplaas Plaasverblyf het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R701, Mooiplaats-plaas, Goedemoed, 9950, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom