Oos-Kaap Akkommodasie by Mooivlei Guest Farm | LekkeSlaap
+17

Mooivlei Guest Farm

21 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooivlei Plaas, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Mooivlei Guest Farm is tussen Aliwal-Noord en Lady Grey in die Oos-Kaap geleë, net 8 km van die R58 af. Ebbie en Minette Hattingh, jou gasheer en gasvrou, nooi jou uit om die plaas te ervaar en tuis te gaan in 2 gerieflike klipkothuise.

Ons oopplan-kothuise is volledig gemeubileer en bestaan uit slaapkamers, eetareas en kombuise. Elke kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, gasstoof, gas-oond, eetgerei en breekware. Elke kothuis het ook 'n aparte badkamer, die een het 'n bad en 'n stort, en die ander een het net 'n stort. Altwee kothuise het ook kaggels vir die bibberaande. Die soliede houtvloere, dik sandsteenmure en plafon-insolasie skep 'n gerieflike kamertemperatuur.

Die natuur is op jou drumpel en daar is heelwat om te doen, so TV's word nie voorsien nie. WiFi is beskikbaar - doen gerus navraag oor data-pakkette. Lieflike etes is beskikbaar. Natuurliefhebbers en avonturiers kan hulself verlustig in al die doendinge. As dit goed gereën het kan besoekers met kano's op die Eendracht-dam vaar en voëlkyk. Daar is verskeie watervoëls op die plaas, soos die witbaardsterretjie-broeipare. Gaste kan gerus ook draf, stap en bergfietsry op al die grondpaaie. Die volgende voëlspesies is al in die veld opgemerk: sekretarisvoëls, mahemme, Ludwig se pou en bloukopdrawwertjies.

Die Hattinghs het Mooivlei toe getrek met die droom om die sandsteenmurasies in 'n pragtige gasteplaas te omskep. Die kothuise is meer as 60 jaar oud en bied uitsigte oor die Lady Grey-berge. Die skape wei in die veld reg langs die kothuise. Ons verbou ons eie organiese groente, en Minette is 'n fotograaf wat baie graag gesinsfoto's neem met die mooi plaastonele in die agtergrond. Sy beoefen ook argitektuur en het dit baie geniet om al die details van die kothuise te ontwerp. Die meeste van die meubels en kaste in die kothuise is spesifiek ontwerp en doelgemaak in Lady Grey.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Forelhengel

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 21 resensies vir Mooivlei Guest Farm
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Mooivlei Plaas, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap
  • Gaste dink Mooivlei Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Oos-Kaap
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooivlei Plaas, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRmZTFmZTNhLTQ5MzItNGE2YS05MTE1LTdhMzAwZDNjMjUwNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 21 5 1 5 Farm Mooivlei Lady Grey 9755 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.666930391536 27.001031041145
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za