Moonrise
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hastings-laan 649, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 929 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Moonrise bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vakansiehuis in Leisure Bay stapafstand van die naaste swemstrande.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Albei slaapkamers lei na 'n dek met 'n see-uitsig. Die derde slaapkamer is apart van die huis en het 2 enkelbeddens, 'n stort en toilet.
Die huis beskik oor 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoofplaat, oond, yskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het 'n TV en gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saam te bring om DStv te kyk.
Die sitarea lei na 'n dek met meubels. Daar is 'n swembadjie net 'n entjie van die dek af wat ideaal is vir warm somersdae.
Bedlinne word voorsien en gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Slaapplek
’n Bespreking by Moonrise sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hastings-laan 649, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Moonrise het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hastings-laan 649, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom