Moonriver Mountain Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Moonriver Mountain Retreat skuil op die rantjie van 'n afgeleë vallei in die hartjie van die Waterberg-plato in Limpopo. Dis op 'n wildsplaas en 3 ure se ry van Pretoria af. Dié oord is afgeleë en rustig, en die natuurskoon en wild sal 'n indruk op enige besoeker laat. Dis 'n veilige tuiste vir verskeie plant- en dierspesies, waarvan sommiges inheems aan die Waterberg is. Party plantspesies is op die rooi lys en daar is selfs 'n nuut-ontdekte plantspesies in dié area.

Moonriver is 'n selfsorg-instansie met 2 privaat, ruim chalets en 'n drieslaapkamerhuis.

Die Selfsorg-chalets en Eagle's Nest is op die rant van die berg en is stapafstand vanaf die parkeerplek en hooflodge. Die Sunrise en Safari Chalets bied elk slaapplek aan 2 gaste en die Waterhole Chalet het slaapplek vir 4 gaste. Die chalets het kombuisies met alle nodige toebehore en kookgerei, en elke chalet het 'n privaat dek en draagbare braai. Eagle's Nest het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers met privaat badkamers. Daar is 'n groot sitarea, oopplan-kombuis wat volledig toegerus is en 'n privaat dek en braai.

Al die eenhede het 'n glas voorkant wat 'n pragtige uitsig en sonsondergang bied. Die Hooflodge het 'n groot kuierarea met 'n ruim sit-/eetarea, oop kaggels en 'n groot kombuis met 'n oond en mikrogolf. Daar is ook 'n groot dek en pragtige swembad.

Die vreedsame oord het 'n ryk voëllewe, ideaal vir voëlkykers. Daar is ook verskeie voetslaanroetes, wildkyk en verskeie fauna en flora. Die donker naghemel is ook perfek vir sterrekyk.

Daar is geen restaurant of winkel op die perseel nie, so bring asb. jou eie hout, houtskool en ys saam. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Die instansie is nie geskik vir rolstoelgebruikers nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Moonriver Mountain Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za