Mopane Bush Lodge
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mapesuplaas, Horizon, Musina, 0900, Limpopo
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R3 238 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Mopane Bush Lodge is 'n 4-ster wild-lodge wat in Mapungubwe Nasionale Park naby aan Musina in Limpopo geleë is. Dis die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na hartlike gasvryheid, gerieflike verblyf en 'n safari-ervaring soos min!
Die akkommodasie by Mopane Bush Lodge word aangebied in 8 chalets met grasdakke en luukse dekor met 'n Afrika-tema. Die chalets beskik oor 2 gemaklike enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, en 'n privaat veranda met 'n buite-stort. Geriewe in die chalets sluit in: 'n kluis in die kamer, 'n haardroër, 'n spieëltafel, klerekaste met oorgenoeg pakplek, koffie- en teemaakgeriewe en ander luukshede om jou gemak te verseker.
Gaste kan smullekker maaltye geniet wat in die eetkamer of langs die vuur in die boma onder die sterrehemel bedien word. Mopane Bush Lodge het ook 'n kroeg by die swembad- en lapa-area waar gaste allerlei drankies kan geniet. In die hoofgebou is daar 'n gerieflike, gemeenskaplike sitkamer met 'n klein biblioteek waar 'n mens luilekker kan ontspan langs die kaggelvuur in die winter.
Die lodge reël ook verskeie toere soos wildritte en begeleide wandelinge deur die reservaat. Gaste kan ook 'n hele rits doendinge aanpak soos 4x4-roetes, voëlkyk, staproetes, wildkyk en nog baie meer.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Mapesuplaas, Horizon, Musina, 0900, Limpopo
Sien meer verblyf in Mapungubwe National Park Limpopo
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mapesuplaas, Horizon, Musina, 0900, Limpopo
- Geen kinders onder 12