Moriti Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Moriti Bush Camp is die ideale oornagplek vir besoekers op pad na Botswana. Dit is op die oewer van die Limpopo-rivier geleë en 'n lushof vir alle buitelug-entoesiaste.

Maak jouself gereed vir 'n egte bos-ervaring met kampeerplekke wat versprei is tussen hoë bosbome, groot vuurmaakplekke en die rustige water van die Limpopo-rivier.

Hierdie klein en privaat kamp is 3,5 km van Groblersbridge-grenspos af en met sy rustige atmosfeer sonder verkeer en stadskoors, bied die kamp 'n gemaklike nagrus voor jy jou magiese avontuur na Botswana voortsit.

Daar is twee kampeerplekke, Nyala het elektrisiteit en Matopi het geen elektrisiteit nie. Daar is slegs kampeerplekke, geen chalets nie. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Moriti Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 240 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za