Mosselbaai Gholflandgoed Akkommodasie by Mossel Bay Golf Lodge | LekkeSlaap
+25
+25

Mossel Bay Golf Lodge

Gastehuis
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 153 Pardew Dr, , Mosselbaai, 3511, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Die Mossel Bay Golf Lodge is langs die 9de skoonveld van die Mosselbaai Gholfbaan geleë. Dit is ideaal vir gholfspelers, sakereisigers, vakansiegangers en oorsese besoekers.

Ons bied 'n huislike atmosfeer wat ons gaste tuis laat voel. Ons sal sorg dat jou besoek aan die Tuinroete gerieflik, bekostigbaar en onvergeetlik is. Daar is 4 luukse slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer, DStv, lugversorging, uitsigte oor die gholfbaan, en ons het ook 'n luukse selfsorgwoonstel. Ons gaste kan die buitelug geniet deur langs die swembad te ontspan, fiets te ry, te draf op die gholfbaan of die braai-area by die swembad te benut. Mosselbaai se Blouvlagstrand, inkopiesentrums, restaurante en heelwat historiese geboue is net 5 minute se ry van ons af.

Ons bied veilige parkeerplek op die perseel, 24-uur sekuriteit en gratis WiFi.

Die Mosselbaai Gholfbaan is 'n Links-baan met asemrowende uitsigte op die see - van elke bof af! Die klubhuis is 'n 5-ster instansie met 'n restaurant, kroeë, 'n Pro Shop-sportwinkel, oefenbof en muurbalbane. Daar is staproetes met fynbos, wilde blomme, voëllewe en 'n hele klompie springbokke, tarentale, fisante en ander wild vir die buitelugliefhebbers.

Gaste by ons lodge kwalifiseer vir spesiale tariewe by die gholfbaan en by die wêreldklas-Pinnacle Point Beach and Golf Resort.

Ons voorsien ons gaste van koffie, tee, melk, suiker en beskuit sodat die dag op 'n lekker noot begin, gevolg deur 'n Engelse Ontbyt. Ons vriendelike personeel sal die beddens mooi opmaak en die badkamer skoonmaak. Ons het ook spesiale ooreenkomste met die beste restaurante in Mosselbaai en kan 'n rits eetplekke en doendinge aanbeveel.

Hier kan gaste rus en vrede kom beleef.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir Mossel Bay Golf Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • 153 Pardew Dr, , Mosselbaai, 3511, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mossel Bay Golf Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 153 Pardew Dr, , Mosselbaai, 3511, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRmM2M2NWEwLTNjMmYtNGJhNy04ZjYzLTY0ZjNlNDEyZjRiYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 153 Pardew Dr Mossel Bay Golf Estate 3511 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.188424658926 22.126711606979
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za